1100
Voorkoms
1100 |
◄ | 10de eeu | ◄11de eeu► | 12de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1095 | 1096 | 1097 | 1098 | 1099 | ◄ 1100 ► | 1101 | 1102 | 1103 | 1104 | 1105 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1100 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Mahasiddha Naropa | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1100 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 100ste jaar van die 11de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 18 Julie – Boudewyn I word die koning van Jerusalem.
- 5 Augustus – Hendrik I word die koning van Engeland.
Ongedateerd
[wysig | wysig bron]- Koning Hendrik I proklameer die Handves van Vryhede, een van die eerste voorbeelde van 'n grondwet.
- Boudewyn van Bourcq word die graaf van Edessa.
- Dagobert van Pisa word die eerste Latynse Patriarg van Jerusalem.
- Die stede Kalmar, Kungälv en Varberg in Swede word opgeteken.
- Die Alþingi (die nasionale parlement in Ysland) besluit dat alle wette in geskrewe vorm oorgedra moet word.
- Oraibi word die eerste en oudste blywende bewoonde nedersetting in die VSA en wat nou Arizona is.
- Die stad Cusco, Peru word gestig.
- Die Song-dinastie in China se bevolking bereik ongeveer 100 miljoen. In die hoofstad, Kaifeng staan die bevolking op 1 050 000 en saam met die weermag wat in die stad gestasioneer is, bereik die bevolking 1,4 miljoen.
- Genua, Venesië, en Pisa kry handelsvoorregte in ruil vir hul diens tydens die Kruistogte.
- Bohemund I van Antiogië word tydens die Slag van Melitene gevange geneem. Tancred word gevolglik as regeerder oor Antiogië aangestel.
- Die Eppstein Kasteel word gebou.
- Die eerste kerk word in Welle, Noord-Beveland gebou.
- Die inheemse Amerikaanse Pueblo-Indiane vestig hulle in die huidige Four Corners-gebied in die VSA.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 23 Mei – Keiser Qinzong van China, 9de keiser van die Song-dinastie. († 14 Junie 1161)
- Datum onbekend
- (circa 1100) – Koning Erik III van Denemarke († 1146).
- (omtrent 1100) – Aartsbiskop Arnold I van Keulen. († 3 April 1151)
- Mary en Eliza Chulkhurst, Engelse Siamese tweeling. († 1134)
- Pous Alexander III. († 30 Augustus 1181)
- Gilbert de Clare, 1ste Graaf van Pembroke. († 6 Januarie 1148)
- Petrus Comestor, Franse teoloog. († 1179)
- Pous Adrianus IV, die 169ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1 September 1159)
- Geoffrey van Monmouth, Walliese geestelike en geleerde. († 1154)
- Hendrik van Uppsala, Katolieke heilige. († 1156)
- Pous Gregorius VIII. († 17 Desember 1187)
- Robert de Caen, Graaf van Gloucester. († 31 Oktober 1147)
- Miles van Gloucester, 1ste Graaf van Hereford en die seun van Walter van Gloucester. († 24 Desember 1143)
- Muhammad al-Idrisi, Andalusiese geograaf, kartograaf en reisiger. († 1165/66)
- Jabnir ibn Aflah, Arabiese astronoom, wiskundige en uitvinder. († 1150)
- Robert I van Neuborg, Anglo-Normandiese aristokraat en edelman. († 1159)
- Robert van Newminister, Rooms-Katolieke priester, ab en heilige. († 7 Junie 1159)
- Þóra Magnúsdóttir, dogter van Magnus III van Noorweë
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 23 Februarie – Keiser Zhezong, 7de keiser van die Song-dinastie in China (* 4 Januarie 1076)
- 18 Julie – Godfried van Bouillon, leier van die Eerste Kruistog en heerser van die Koningkryk van Jerusalem (* 1060)
- 2 Augustus – Koning Willem II van Engeland (* 1056)
- 8 September – Teenpous Clemens III (* 1029)
- 16 September – Bernold van Konstanz, Duitse kroniekskrywer en verdediger van die kerkhervorming wat deur Pous Gregorius VII begin is.
- 18 November – Aartsbiskop Thomas I van York.
- 22 Desember – Hertog Bretislav II van Boheme (* 1060)
- Datum onbekend
- Mahasiddha Naropa, Boeddhiste priester en monnik (* 1016)
- Bernard II, Graaf van Besalú en Ripoll in Katalonië en die broër, mede-heerser (vanaf 1052) en opvolger van Willem II.