in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kalenders
|
|
Dionysos en maenade
|
|
- Die priesters van Artemis in Efese verklaar Marcus Antonius tot die vleesgeworde godheid Dionysos.[1]
- Marcus Antonius beveel vir Cleopatra om na Tarsus te kom en verantwoording te doen vir die hulp wat sy glo aan Cassius gegee het. [1]
- Pleks van as smekeling, verskyn Cleopatra as die godin Isis in die vorm van Afrodite wat haar man Osiris in die vorm van Dionysos -dat wil sê Marcus Antonius- kom besoek en sy sê dat 'n storm verhoed het dat haar vloot die triumviri kon bereik. Sy slaag daarin om Marcus Antonius te verlei. [1]
- Marcus Antonius aanvaar dat Serapion, Cleopatra se goewerneur op Siprus eiemagtig besluit het om Crassus te help. Cleopatra lewer hom uit en hy word gedood.[1]
- Marcus Antonius weier om aan Herodes die Grote sy koningskap te ontneem.[1]
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 The Reign of Cleopatra, Greenwood guides to historic events of the ancient world, Stanley Mayer Burstein, University of Oklahoma Press, 2007, ISBN 0806138718, ISBN 9780806138718