Cardiff Blues
Cardiff Blues | ||||
Unie | Walliese Rugbyunie | |||
Bynaam(e) | Blues | |||
Stigting | 1876 | |||
Stadion | Cardiff Arms Park, Cardiff | |||
Kapasiteit | 12 125 | |||
Afrigter(s) | Danny Wilson | |||
Kaptein(s) | Gethin Jenkins | |||
Liga(s) | Guiness Pro14 | |||
2017-’18 | 9de | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste wedstryde | 234 Taufa’ao Filise | |||
Meeste punte | 1 078 Ben Blair | |||
Meeste drieë | 56 Tom James | |||
Amptelike webwerf | ||||
www.cardiffblues.com |
Cardiff Blues ((cym) Gleision Caerdydd), is een van die vier professionele rugbyspanne van Wallis. Hulle ding mee in die Guiness Pro14, Europese Rugbykampioenebeker, Europese Rugbyuitdaagbeker en die Anglo-Walliese Beker. Cardiff Blues is verantwoordelik vir die ontwikkeling van rugby in Cardiff, Vale of Glamorgan, Rhondda Cynon Taf, Merthyr Tydfil en suid-Powys.[1] In die streek van die Cardiff Blues is daar 75 geassosieerde klubs, insluitend die semiprofessionele Pontypridd RVK en die Cardiff RVK wat albei in die Walliese Premierskap speel.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Stigting
[wysig | wysig bron]Tot die aanvang van die 2003-’04-seisoen was Walliese rugby in ’n ligapiramiede gestruktureer met nege professionele klubs bo-aan. Die stelsel was soortgelyk aan die klubstelsels van die Engelse Premierskap en die Franse Top 14. Ten tyde van die 2002-’03-seisoen was dit egter duidelik dat Wallis om finansiële redes nie ondersteuning aan nege professionele spanne kon bied nie.[2]
Die destydse HUB van die Walliese Rugbyunie (WRU), David Moffett, het begin met ’n proses om die bestaande nege clubs[3] in streekspanne te verdeel.
’n Ooreenkoms is bereik waarvolgens Cardiff RVK toegelaat sou word om ’n “alleenstaande” klub te vorn, wat behels dat hulle met geen van die ander agt professionele klubs saam hoef te smelt nie.[4] Cardiff RVK is gevolglik ’n nuwe naam gegee (Cardiff Blues) tydens ’n geleentheid op 6 Junie 2003.
Tydens die bekendstelling van die Cardiff Blues-handelsmerk in Junie 2003 het Robert Norster, Hoof- Uitvoerende Beampte gesê “baie moeite is gedoen om te verseker dat die afgelope 127 jaar van klubtradisies behoue bly. Ons is verheug deur die wyse waarop hierdie aspekte gerespekteer en behou is binne die nuwe moderne handelsmerk.” Hierdie noue verhouding met Cardiff RVK het veroorsaak dat lede en ondersteuners van ander klubs, veral Pontypridd dit afgekeur het.[5]
Daar was telke male pogings om die klub te kry om die “Cardiff”-deel uit die naam te verwyder, om so hul bande met die ou Cardiff RVK te verbreek en weg te beweeg van dei tradisionele blou drag wat deur CRVK gedra is.[6][7] Voorstanders van hierdie idee het na die Superrugbytoernooi verwys waar spanne soos die Cheetahs en Crusaders nie ’n geografiese aanduider in hul name het nie.[8] Hierdie pogings het toegeneem toe die Celtic Warriors streekspan in 2004 ontbind is en die ou teenstanders Pontypridd in die opvangsgebied van die Cardiff Blues beland het. Daar was egter uit klubgeledere noemenswaardige teenkanting teen so ’n voorstel aangesien die Cardiff-klub teen ’n koste van £1 000 000 aleenstaandestatus verkry het en in die lig dat die handelsnaamverandering in 2003 plaasgevind het (geen ander klub of maatskappy was betrokke by Cardiff RVK Bpk. nie).[9]
Kleure
[wysig | wysig bron]Met die ontstaan van die Cardiff Blues het hulle kleure ooreengestem met die tradisionele kleure van Cardiff RVK, naamlik Cambridge-blou en swart. Vir die tweede seisoen is ’n variasie van hierdie kleure gebruik met wit wat gebruik is as alternatiewe drag in die geval van ’n ooreentemming van kleure met die opponente.
In 2006 het Cardiff Blues hul tuisdrag verander en het hulle weg beweeg van die swart naas die blou; dit is geïnterpreteer as ’n skuif weg van die ou identiteit van Cardiff RVK.[10]
Tuisveld
[wysig | wysig bron]Die Cardiff Blues het sedert hul ontstaan in 2003 hul tuiswedstryde op Cardiff Arms Park gespeel, met ’n aantal hoëprofielwedstryde, soos 2008-’09 se Heinekenbekerhalfeindstryd teen Leicester Tigers, wat op die naburige Millennium-stadion gespeel is.
Aan die begin van die 2009-’10-seisoen het die span hul tuiswedstryde na die nuwe Cardiff City-stadion geskuif met ’n vriendskaplike wedstryd teen Leicester as eerste op die nuwe tuisveld, waar ’n skare van 16 000 gekyk het hoe die Cardiff Blues met 5–14 verloor het.[11] Cardiff Blues het jaarliks £350 000 aan huur vir die gebruik van die stadion betaal, plus ’n soortgelyke bedrag aan diensfooie en hulle het die koste vir elke wedstryddag ook gedra. Hierdie koste is later as onvolhoubaar beskryf.[12]
In die 2011-’12-seisoen het finansiële druk en toeskouerontevredenheid daartoe gelei dat sommige wedstryde na die Arms Park geskuif is. Die wedstryde op 10 en 17 Februarie 2012 teen onderskeidelik Connacht en Ulster is uitverkoop en dit het geblyk dat toeskouers die Arms Park verkies.
Op 8 Mei 2012 is aangekondig dat die huurooreenkoms van 20 jaar tussen Cardiff City VK en die Cardiff Blues verbreek is deur wedersydse toestemming. Van die 2012-’13-seisoen af het tuiswedstryde weer op die Arms Park plaasgevind.
Seisoenbepalings
[wysig | wysig bron]Keltiese Beker
[wysig | wysig bron]Seisoen Rondte Wedstryd 2003-’04 Kwarteindstryd Edinburgh 35–21 Cardiff Blues
Keltiese Liga/Pro12/Pro14
[wysig | wysig bron]Seisoen Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas 2003-’04 6de 22 11 0 11 10 54 2004-’05 9de 20 8 1 11 6 40 2005-’06 4de 20 11 0 9 11 63 2006-’07 2de 20 13 1 6 9 63 2007-’08 2de 18 12 0 6 8 56 2008-’09 6de 18 8 1 9 4 38 2009-’10 5de 18 10 0 8 4 44 2010-’11 6de 22 13 1 8 6 60 2011-’12 7de 22 10 0 12 10 50 2012-’13 9de 22 8 0 14 6 38 2013-’14 7de 22 8 1 13 7 41 2014-’15 10de 22 7 1 14 5 35 2015-’16 7de 22 11 0 11 12 56 2016-’17 7de 22 11 1 10 7 53 2017-’18 9de 21 11 0 10 10 54 2018-’19 8ste 21 10 0 11 14 54
Heinekenbeker/Rugbykampioenebeker
[wysig | wysig bron]Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas 2003-’04 Poel 3 3de 6 2 0 4 3 11 2004-’05 Poel 6 4de 6 1 0 5 3 7 2005-’06 Poel 2 3de 6 3 0 3 3 15 2006-’07 Poel 4 3de 6 2 0 4 1 9 2007-’08 Poel 3 1ste 6 4 1 1 2 20 Verloor in kwarteindstryd teen Toulouse 2008-’09 Poel 6 1ste 6 6 0 0 3 27 Verloor in haldeindstryd teen Leicester Tigers 2010-’11 Poel 1 2de 6 3 0 3 2 14 2011-’12 Poel 2 2de 6 5 0 1 1 21 Verloor in kwarteindstryd teen Leinster 2012-’13 Poel 6 3de 6 1 0 5 2 6 2013-’14 Poel 2 2de 6 3 0 3 2 14
Europese Rugbyuitdaagbeker
[wysig | wysig bron]Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas 2009-’10 Poel 5 2de 6 4 0 2 2 18 Wen in eindstryd teen Toulon 2014-’15 Poel 1 2de 6 5 0 1 4 24 Verloor in kwarteindstryd teen Newport Gwent Dragons 2015-’16 Poel 3 3de 6 3 0 3 5 17 2016-’17 Poel 4 2de 6 5 0 1 2 22 Verloor in kwarteindstryd teen Gloucester
Huidige span
[wysig | wysig bron]Cardiff Blues se span vir die 2017-’18-seisoen:
Stutte Hakers Slotte |
Losvoorspelers Skrumskakels Losskakels |
Senters Vleuels Heelagters |
Eksterne skakel
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Cardiff Blues. |
- (en) Cardiff Blues Amptelike werf
- (en) Cardiff RVK Amptelike werf
- (en) the Arms Park Geargiveer 7 Augustus 2007 op Wayback Machine Aanhangerswerf
- (en) TalkCardiffrugby.net Aanhangerswerf
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Cardiff Blues: Streeksklubs Geargiveer 20 Oktober 2007 op Wayback Machine
- ↑ (en) Walliese Rugbyunie : Klubs Se Oorweldigende Steun Moffett Geargiveer 27 September 2007 op Wayback Machine
- ↑ (Bridgend RVK; Caerphilly RVK; Cardiff RVK; Ebbw Vale RVK; Llanelli RVK; Neath RVK; Newport RVK; Pontypridd RVK; Swansea RVK)
- ↑ (en) Ooroeenkoms oor vyfklubbefondsing in Wallis
- ↑ (en) Jackson, Peter (2 November 2006). "Waarom die woede in Ponty voortduur". Daily Mail. London.
- ↑ (en) Jones se radikale Blues-druk vir die toekoms
- ↑ (en) Blues sal nie Cardiff laat vaar
- ↑ (en) Super 14-spanne
- ↑ (en) Cardiff gaan bly
- ↑ (en) Ondersteuners sien rooi oor nuwe kleure vir Blues – icWales
- ↑ (en) "Cardiff Blues 5–14 Leicester". BBC News. 21 Augustus 2009.
- ↑ Law, Peter (8 Junie 2012). "Cardiff Blues rapporteer operasionale verlies van £2,3m vir afgelope jaar" (html) (in Engels). WalesOnline.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 11 Augustus 2017.