Barnaoel
Barnaoel Барнаул | |
---|---|
Stad | |
Koördinate: 53°17′27″N 83°38′52″O / 53.29083°N 83.64778°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Altai-krai |
Stigting | 1730's |
Regering | |
• Tipe | Stadsdoema |
• Hoof | Igor Sawintsef (waarnemend) |
Bevolking | |
• Totaal | 632 848 |
Tydsone | UTC+07:00 |
Webwerf | http://www.barnaul.org/ |
Barnaoel (Russies: Барнау́л) is die hoofstad van die Altai-krai in Rusland. Dit is in die suidweste van die Siberiese Federale Distrik aan die Ob-rivier geleë. Dit het ongeveer 632 848 inwoners (2014-sensus).
Barnaoel is die naaste groot stad aan die Altai-gebergte in die suide. Dit lê ook redelik naby aan Rusland se grense met Kazachstan, Mongolië en China.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Barnaoel was een van die eerste stede wat in Siberië gestig is. Die ligging is aanvanklik gekies weens die nabyheid van die mineraalryke Altai-gebergte asook ’n groot rivier. Teen die vroeë 19de eeu is 90% van Rusland se silwer in die Altai-streek vervaardig.
Teen die 20ste eeu het die stad gegroei tot een van die grootste handel- en kultuursentrums in die streek, veral ná die bou van ’n groot spoorlyn.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Barnaul.org Amptelike webtuiste
- Kaart van Barnaoel Geargiveer 21 Desember 2007 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Barnaoel.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia