Gaan na inhoud

Elie Wiesel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eliezer Wiesel
Wiesel in 1998
Gebore30 September 1928
Sighet, Maramureș, Roemenië
Sterf2 Julie 2016 (op 87)
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepSkrywer
Bekend virElie Wiesel

Eliezer Wiesel (Hebreeus: אֱלִיעֶזֶר וִיזֶל}} ʾĔlîʿezer Vîzel;[1][2] 30 September 19282 Julie 2016) was 'n Roemeensgebore Amerikaanse Jood, skrywer, professor, politieke aktivis, Nobelprysontvanger en Holocaustoorlewende. Hy was die skrywer van 57 boeke, merendeels in Frans en Engels, insluitende Night, 'n werk gebaseer op sy ervaring as gevangene in die Auschwitz- en Buchenwald-konsentrasiekampe.[3]

Tesame met sy skryfwerk was hy ook professor van Lettere en Wysbegeerte aan Boston-universiteit, welke die Elie Wiesel Sentrum vir Joodse Studies gestig het. Hy was betrokke by Joodse bewegings en het bygedra om die Holocaust Gedenkmuseum van die Verenigde State in Washington, D.C. te stig. Wat sy politieke aktiwiteite betref het hy ook veldtogte gehou vir die slagoffers van onderdrukking in plekke soos Nicaragua, Kosovo, en oorloggeteisterde Darfoer in Soedan. Hy het in die openbaar die 1915 Armeense volksmoord veroordeel en 'n sterk verdediger van menseregte gedurende sy leeftyd gebly. Hy is beskryf as "die belangrikste Jood in Amerika" deur die Los Angeles Times.[4]

Die Nobelprys vir Vrede is in 1986 aan Wiesel toegeken, by welke geleentheid die Noorweegse Nobelkomitee hom 'n "boodskapper aan die mensdom" genoem het en dat Wiesel, deur sy stryd om vrede te maak met "sy eie persoonlike ondervindinge van totale vernedering en die uiterste minagting vir menslikheid soos ten toon gestel is in Adolf Hitler se doodskampe", sowel as sy praktiese werk in vredesake 'n boodskap "van vrede, versoening en menslike waardigheid" aan die mensdom gelewer het.[5] Hy was 'n stigterslid van die New York Menseregte-stigting en het deur sy leeftyd daarby betrokke gebly.[6][7]

Vroeë lewe en familie

[wysig | wysig bron]
Die huis waarin Wiesel gebore is in Sighet

Elie Wiesel is gebore in Sighet, Maramureș, in die Karpatiese gebergtes in Roemenië.[8] Sy ouers was Sarah Feig en Shlomo Wiesel. Wiesel het drie susters gehad — sy ouer susters Beatrice en Hilda en 'n jonger suster genaamd Tzipora. Beatrice en Hilda het die Tweede Wêreldoorlog oorleef en is met Wiesel herenig by 'n Franse kinderhuis. Hulle het uiteindelik na Noord-Amerika geïmmigreer, met Beatrice wat na Montreal, Quebec, Kanada getrek het. Sy suster Tzipora en sy ouers Shlomo en Sarah het egter nie die Holocaust oorleef nie.

Gevangesetting gedurende die Holocaust

[wysig | wysig bron]
Buchenwald konsentrasiekamp, foto geneem op 16 April 1945, vyf dae na die bevryding van die kamp. Wiesel is in die tweede ry van onder, sewende van links af, langs die stapelpos.[9]

Duitsland het Hongarye in Maart 1944 ingeneem, wat die Holocaust na die land uitgebrei het.[10] Wiesel was op die stadium vyftien jaar oud en is saam met sy gesin en die res van die dorp se Joodse bevolking in een van die twee interneringskampe wat in Máramarossziget (Sighet) opgestel is geplaas synde die dorp waarin Wiesel gebore en grootgemaak is. Wiesel se indentifikasienommer was "A-7713" en dit is op sy linkerarm getatoeëer.[11][12] Die kamp was op 11 April 1945 deur die Amerikaanse Leër bevry, net toe die geïnterneerde persone verplaas sou word van Buchenwald af.[13]

Na-oorlogse skrywersloopbaan

[wysig | wysig bron]

Frankryk

[wysig | wysig bron]

Na die einde van die Tweede Wêreldoorlog en Wiesel se bevryding het hy die verskuiwing van 1 000 kinderoorlewendes van Buchenwald na Ecouis, Frankryk, meegemaak waar die Œuvre de secours aux enfants (OSE) 'n rehabilitasiesentrum opgestel het. Wiesel het daarna aangesluit by 'n kleiner groep van negentig tot honderd seuntjies van ortodokse huise wat kosher geriewe asook 'n hoër vlak van religieuse nakoming verlang het. Daar is vir hulle gesorg in 'n huis in Ambloy wat onder beheer van Judith Hemmendinger gestaan het. Die huis is weldra na Taverny geskuif en is tot 1947 bedryf.[14][15]

Daarna het Wiesel na Parys gereis waar hy Frans geleer het en letterkunde, filosofie en sielkunde studeer het aan die Sorbonne. Hy het lesings deur die filosoof Martin Buber en die eksistensialis Jean-Paul Sartre aangehoor en sy aande spandeer deur die werke van Fjodor Dostojefski, Franz Kafka, en Thomas Mann te lees.[16]

Teen die tyd dat hy negentien was het hy begin werk as 'n joernalis en in Frans geskryf, terwyl hy ook in Hebreeus onderrig gegee het en gewerk het as 'n koormeester.[17] Hy het vir sowel Israeli as Franse koerante geskryf, insluitende Tsien in Kamf (in Jiddisj).[16]

Wiesel het vir tien jaar na die oorlog geweier om enigiets te skryf oor, of sy ondervindinge te deel betreffende sy ondervindinge tydens die Holocaust. Hy het dit in heroorweging begin bring na 'n vergadering met die Franse outeur François Mauriac, wat in 1952 die Nobelprys in Literatuur gewen het en uiteindelik een van Wiesel se nouste vriende sou word. Mauriac was 'n toegewyde Christen en het in die Franse Weerstandsbeweging geveg. Hy het Wiesel vergelyk met "Lasarus van Bethanië wat opstaan uit die dood", en het in Wiesel se gepynigde oë "die dood van God in die siel van 'n kind gesien".[18][19] Mauriac het Wiesel oortuig om te begin skryf oor sy hartverskeurende ondervindinge.[16]

Wiesel het eerste die 900 bladsye lange memoires Un di velt hot geshvign (En die Wêreld Het Geswyg) in Jiddisj geskryf, wat later in verkorte vorm in Buenos Aires gepubliseer is.[20] Wiesel het in 1955 'n verkorte weergawe van die manuskrip in Frans geskryf onder die titel, La Nuit. Dit is in 1960 in Engels vertaal onder die titel Night.[21] Daar is slegs 'n paar kopieë van die boek verkoop na publikasie daarvan, maar dit het steeds die aandag van resensente getrek, wat gelei het tot televisie onderhoude en vergaderings met literêre figure soos Saul Bellow.

Nadat dit in gewildheid toegeneem het is Night weldra in 30 tale vertaal, met tien miljoen eksemplare wat in die VSA alleen verkoop is. Op een stadium het die rolprentregisseur Orson Welles dit oorweeg om die boek vir 'n rolprent aan te pas, maar Wiesel het geweier omrede hy van mening was dat sy memoires se betekenis verlore sou gaan indien dit vertel is sonder die stiltes tussen-in sy woorde.[22] Oprah Winfrey het die boek in 2006 vir haar boekklub gekies.

Verenigde State

[wysig | wysig bron]

In 1955 het Wiesel na New York Stad verhuis as 'n buitelandse korrespondent vir die Israelse dagblad, Yediot Ahronot. In 1969 het hy met die Oostenryker Marion Erster Rose getrou. Sy sou uiteindelik baie van sy boeke vertaal. Hulle het 'n seun genaamd Shlomo Elisha Wiesel gehad wat vernoem is na Wiesel se vader.[23]

Wiesel in 1987

Wiesel sou voortgaan om meer as veertig boeke in die VSA te skryf. Die meeste daarvan is nie-fiksie Holocaust literatuur en romans. As outeur is 'n aantal literêre pryse aan hom toegeken. Sy boeke word as van die belangrikste werke in die beskrywing van die Holocaust, wat vanuit 'n hoogs persoonlike perspektief geskryf is, beskou. As gevolg daarvan het verskeie geskiedkundiges Wiesel daarmee gekrediteer dat hy aan die term Holocaust sy huidige betekenis en gedaante gegee het, alhoewel hy nie gevoel het dat die woord op genoegsame wyse die geskiedkundige gebeurtenis omvat en vergestalt nie.[24]

In 1975 was hy medestigter van die tydskrif Moment saam met die skrywer Leonard Fein.

Daar word gesê dat die 1979 boek en toneelstuk The Trial of God gebaseer is op Wiesel se werklike ondervindinge in Auschwitz en sy getuienis van drie sterwende Jode wat 'n regsaksie teen God voer onder die beskuldiging dat God onderdrukkend teenoor die Jode optree. Wiesel het homself as 'n agnostikus beskryf.[25]

Wiesel het ook 'n rol gespeel in die aanvanklike sukses van The Painted Bird deur Jerzy Kosinski, voor onthullings dat die boek fiksioneel is in die opsig dat dit voorgestel is as Kosinski se ware ondervindinge.[26][27]

Wiesel het twee volumes memoires gepubliseer. Die eerste was All Rivers Run to the Sea, wat in 1994 gepubliseer is en sy lewe tot 1969 dek. Die tweede, getiteld And the Sea is Never Full, is in 1999 gepubliseer en dek die jare 1969 tot 1999.[28]

Afsterwe

[wysig | wysig bron]

Wiesel het op die oggend van 2 Julie 2016 in sy huis in Manhattan op die ouderdom van 87 beswyk.[29][30][31]

Die Republikeinse senator van Utah, Orrin Hatch, het 'n huldeblyk aan Wiesel op die vloer van die Amerikaanse senaat die week daarna gelewer: "Met Elie se heengaan het ons 'n baken van menslikheid en hoop verloor. Ons het 'n menseregte-held en 'n uitblinker van Holocaustliteratuur verloor."[32]

In 2018 is anti-semitiese graffiti op die huis gevind waar Elie Wiesel gebore is.[33]

Toekennings en eerbewyse

[wysig | wysig bron]
  • Prix de l'Université de la Langue Française (Prix Rivarol) vir Die Dorp Buite die Muur, 1963.[34]
  • Nasionale Joodse Boekeraad-toekenning vir Die Dorp Buite die Muur, 1963.[34]
  • Ingram Merrill Stigting-prys, 1964.[35]
  • Prix Médicis vir 'n Bedelaar in Jerusalem, 1968.[34]
  • Joodse Erfenis Toekenning, Haifa Universiteit, 1975.[35]
  • Holocaust Gedenkprys, New York Stigting van Kliniese Sielkunde, 1975.[35]
  • S.Y. Agnon Medalje, 1980.[35]
  • Jabotinsky Medalje, Israelse Staat, 1980.[35]
  • Prix Livre Inter, Frankryk, vir Die Testament, 1980.[34]
  • Groot Prys in Literatuur van die Stad van Parys vir Die Vyfde Seun, 1983.[34]
  • Kommandeur in die Franse Erelegioen, 1984.[34]
  • V.S.A. Kongressionele Gouemedalje, 1984.[36]
  • Vier vryheidstoekennnings vir die vryheid van aanbidding, 1985.[37]
  • Medalje van Vryheid, 1986.[38]
  • Nobelpys vir Vrede, 1986.
  • Offisier in die Franse Erelegioen, 1990.[4]
  • Presidensiële Vryheidsmedalje, 1992
  • Niebuhr Medalje, Elmhurst kollege, Illinois, 1995.[39]
  • Groot Kruis in die Franse Erelegioen, 2000.[40]
  • Orde van die Ster van Roemenië, 2002.[35]
  • Man van die Jaar Toekenning, Tel Aviv Kunsmuseum, 2005.[35]
  • Lig van Waarheid Toekenning, Internasionale Veldtog vir Tibet, 2005.[35]
  • Ere Ridderskap, Verenigde Koninkryk, 2006.
  • Honorêre Besoekende Professor van Geesteswetenskappe, Rochester Kollege, 2008.[41]
  • Nasionale Geesteswetenskappe Medalje, 2009.[42]
  • Norman Mailer-prys, Lewenslange Prestasie, 2011.
  • Loebenberg Humanitariese Toekenning, Florida Holocaust Museum, 2012.[43]
  • Kenyon Review Prys vir Literere Prestasie, 2012[44]
  • Nadav Toekenning, 2012.[45]
  • S. Roger Horchow Toekenning vir Grootste Openbare Diens deur 'n Private Burger, 'n prys wat jaarliks uitgegee word deur Jefferson Toekennings vir Openbare Diens, 2013.[46]
  • John Jay Medalje vir Geregtigheid, John Jay Kollege, 2014.[47]

Eregrade

[wysig | wysig bron]

Wiesel het meer as negentig eregrade van kolleges van regoor die wêreld ontvang.[48]

  • Doktor van Lettere, Lehigh Universiteit, Bethlehem, Pennsilvanië, 1985.[49]
  • Doktor van Lettere, DePaul Universiteit, Chicago, Illinois, 1997.[50]
  • Doktoraat, Seton Hall Universiteit, New Jersey, 1998.[51]
  • Doktor van Lettere en Wysbegeerte, Michigan Staatsuniversiteit, 1999.[52]
  • Doktoraat, McDaniel Kollege, Westminster, Maryland, 2005.[53]
  • Doktor van Lettere, Chapman Universiteit, 2005.[54]
  • Doktor van Lettere, Dartmouth Kollege, 2006.[55]
  • Doktor van Lettere, Cabrini Kollege, Radnor, Pennsilvanië, 2007.[56]
  • Doktor van Lettere, Universiteit van Vermont, 2007.[57]
  • Doktor van Lettere en Wysbegeerte, Oakland-universiteit, Rochester, Michigan, 2007.[58]
  • Doktor van Lettere, Stadskollege van New York, 2008.[59]
  • Doktoraat, Tel Aviv-universiteit, 2008.[60]
  • Doktoraat, Weizmann Instituut, Rehovot, Israel, 2008.[61]
  • Doktor van Lettere, Bucknell-universiteit, Lewisburg, Pennsilvanië, 2009.[62]
  • Doktor van Lettere, Lehigh Universiteit, Bethlehem, Pennsilvanië, 2010.[63]
  • Doktor van Lettere, Washington Universiteit in St. Louis, 2011.[64]
  • Doktor van Lettere, Kollege van Charleston, 2011.[65]
  • Doktoraat, Universiteit van Warskou, 25 Junie 2012.[66]
  • Doktoraat, Universiteit van Brits-Columbië, 10 September 2012.[67]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. uitspraak by TeachingBooks.net
  2. "NLS Other Writings: Say How, U-X". National Library Service for the Blind and Physically Handicapped (NLS) - Library of Congress. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2019. Besoek op 13 April 2019.
  3. "Winfrey selects Wiesel's 'Night' for book club". Associated Press. 16 Januarie 2006. Besoek op 17 Mei 2011.
  4. 4,0 4,1 Distinguished Speaker Series, March 3, 2003
  5. "The Nobel Peace Prize for 1986: Elie Wiesel". Nobelprize.org. 14 Oktober 1986. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2008. Besoek op 17 Mei 2011.
  6. "Elie Wiesl". Human Rights Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op Januarie 18, 2017. Besoek op Julie 2, 2016.
  7. "Human Rights Foundation Lauds OAS Discussion on Venezuela". Latin American Herald Tribune. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2016. Besoek op 3 Julie 2016.
  8. Liukkonen, Petri. "Elie Wiesel". kirjasto. Finland: Kuusankoski openbare bilioteek. Geargiveer vanaf die oorspronklike op Januarie 7, 2010.
  9. "Elie Wiesel — Photograph" (in Engels). United States Holocaust Memorial Museum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2013.
  10. Na die Tweede Weense Toekenning in 1940 is die dorpie Sighet (Máramarossziget) teruggegee aan die Koninkryk van Hongarye.
  11. "Eliezer Wiesel, 1986: Not caring is the worst evil" (PDF). Nobel Peace Laureates.
  12. Kanfer, Stefan (22 Junie 2001). "Author, Teacher, Witness" (in Engels). TIME. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2012. Besoek op 17 Mei 2011.
  13. Sien die rolprent "Elie Wiesel Goes Home", waarvan Judit Elek die regisseur van was en wat vertel is deur William Hurt.ISBN 1-930545-63-0
  14. Niven, William John (2007). The Buchenwald Child: Truth, Fiction, and Propaganda. Harvard University Press. p. 49. ISBN 1571133399.
  15. Schmidt, Shira, and Mantaka, Bracha. "A Prince in a Castle". Ami tydskrif, 21 September 2014, bl. 136-143.
  16. 16,0 16,1 16,2 Snodgrass, Mary Ellen. Beating the Odds: A Teen Guide to 75 Superstars Who Overcame Adversity, ABC CLIO (2008) pp. 154–156
  17. Sternlicht, Sanford V. (2003). Student Companion to Elie Wiesel. Westport, Conn.: Greenwood Press. p. 7. ISBN 0-313-32530-8.
  18. Fine, Ellen S. Legacy of Night: The Literary Universe of Elie Wiesel, State Univ. of New York Press (1982) bl. 28
  19. Wiesel, Elie. Night, Hill and Wang (2006) bl. ix
  20. Naomi Seidman (Fall 1996). "Elie Wiesel and the Scandal of Jewish Rage". Jewish Social Studies. 3:1: 5.
  21. Andrew Grabois (Februarie 25, 2008). "Elie Wiesel and the Holocaust". Beneath The Cover. Geargiveer vanaf die oorspronklike op April 30, 2008. Besoek op Augustus 29, 2012.
  22. Ravitz, Jessica (27 Mei 2006). "Utah Local News – Salt Lake City News, Sports, Archive – The Salt Lake Tribune" (in Engels). Sltrib.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2013. Besoek op 14 Mei 2013.
  23. Telushkin, Joseph. "Rebbe", bladsye. 190–191. HarperCollins, 2014.
  24. Wiesel:1999, 18.
  25. Wiesel, Elie (2000). And the Sea Is Never Full: Memoirs, 1969–. Random House Digital, Inc. ISBN 978-0-8052-1029-3. Some of the questions: God? 'I'm an agnostic.' A strange agnostic, fascinated by mysticism.
  26. "The Painted Bird [NOOK Book]". Barnes and Noble. Besoek op 9 September 2014.
  27. Finkelstein, Norman G. The Holocaust Industry. Verso. p. 56.
  28. And the Sea Is Never Full, New York Times book review, 2 Januarie 2000
  29. name="NYT"
  30. Yuhas, Alan (2 Julie 2016). "Elie Wiesel, Nobel winner and Holocaust survivor, dies aged 87". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2019. Besoek op 2 Julie 2016.
  31. Shnidman, Ronen (2 Julie 2016). "Elie Wiesel, Nobel Peace Prize laureate and renowned Holocaust survivor, dies at 87". Haaretz (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2017.
  32. "Orrin Hatch Pays Tribute to Elie Wiesel", The Weekly Standard, 8 Julie 2016
  33. "Anti-semitic graffiti on Auschwitz survivor Elie Wiesel's house - BBC News" (in Engels). Bbc.com. 4 Augustus 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Julie 2019. Besoek op 5 Augustus 2018.
  34. 34,0 34,1 34,2 34,3 34,4 34,5 Davis, Colin (1994). Elie Wiesel's Secretive Texts. Gainesville, FL: University Press of Florida. ISBN 0-8130-1303-8.
  35. 35,0 35,1 35,2 35,3 35,4 35,5 35,6 35,7 "Elie Wiesel Timeline and World Events: From 1952". Holocaust Encyclopedia (in Engels). United States Holocaust Memorial Museum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2018. Besoek op 4 Februarie 2012.
  36. Congressional Gold Medal Recipients (1776 to Present)
  37. "Rooseveltinstitute.org". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2015.
  38. Ferraro, Thomas (4 Julie 1986), "12 Famous Immigrants Presented with Medal of Liberty", St. Petersburg Times: 18A, https://news.google.com/newspapers?id=p7gMAAAAIBAJ&sjid=amADAAAAIBAJ&pg=2936%2C2369392, besoek op 5 Februarie 2012 
  39. "The Niebuhr Legacy: Elie Wiesel" (in Engels). Elmhurst College. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2012. Besoek op 5 Februarie 2012.
  40. "ELIE WIESEL TIMELINE AND WORLD EVENTS: FROM 1952", Holocaust Encyclopedia
  41. "Holocaust survivor honored" (in Engels). Christian Chronicle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2008.
  42. "Winners of the National Humanities Medal and the Charles Frankel Prize" (in Engels). Web.archive.org. 21 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2011. Besoek op 20 Februarie 2013.
  43. "To Life: Celebrating 20 Years" (in Engels). Florida Holocaust Museum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Februarie 2012.
  44. "Kenyon Review for Literary Achievement". KenyonReview.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2018.
  45. "Elie Wiesel receives 2012 Nadav Award. Ynetnews. November 11, 2012" (in Engels). Ynetnews.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2017. Besoek op 20 Februarie 2013.
  46. "National Winners – public service awards – Jefferson Awards.org". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2014. Besoek op 6 Oktober 2014.
  47. "John Jay Justice Award 2014". cuny.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2017. Besoek op 13 April 2019.
  48. "Elie Wiesel: Commencement Speaker", Newswise, 7 Mei 1999
  49. "Honorary Degrees Going To 6 At Lehigh" (in Engels). The Morning Call. 15 Mei 1985. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2017. Besoek op 3 Februarie 2012.
  50. "Presidents, premiers and peacemakers merit honorary degrees" (in Engels). DePaul-universiteit. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2010. Besoek op 5 Februarie 2012.
  51. "Honorary Degree Recipients" (in Engels). Seton Hall-universiteit. 17 April 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2017. Besoek op 5 Februarie 2012.
  52. "Results - Howard Gotlieb Archival Research Center". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2016. Besoek op 3 Julie 2016.
  53. "Convocation set tomorrow to honor Elie Wiesel". Baltimore Sun. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2012. Besoek op 5 Februarie 2012.
  54. Coker, Matt. "Elie Wiesel Joins Chapman University, to Guide Undergrads Spring Semesters Through 2015". OC Weekly. Geargiveer vanaf die oorspronklike op November 3, 2013. Besoek op Januarie 28, 2014.
  55. "Elie Wiesel to Speak at Commencement". Vox of Dartmouth. Dartmouth College. 15 Mei 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2010. Besoek op 13 April 2019.
  56. "Message from the President". Cabrini Magazine. Pennsylvania: Cabrini College. 4 (2): 2. 22 Februarie 2007.
  57. "Elie Wiesel to Speak At UVM April 25, Receive Honorary Degree" (in Engels). Universiteit van Vermont. 24 April 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2001. Besoek op 5 Februarie 2012.
  58. "OU to award Elie Wiesel honorary degree during lecture" (in Engels). Oakland-universiteit. 2 Oktober 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2014. Besoek op 5 Februarie 2012.
  59. "ELIE WIESEL TO DELIVER INAUGURAL PRESIDENT'S LECTURE AT THE CITY COLLEGE OF NEW YORK" (in Engels). City College of New York. 25 Maart 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2008. Besoek op 5 Februarie 2012.
  60. "Elie Wiesel and Martin J. Whitman Among Notable American Recipients of TAU's Highest Honor" (in Engels). American Friends of Tel Aviv-universiteit. 20 Mei 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2014. Besoek op 5 Februarie 2012.
  61. "Honorary Doctorates of the Weizmann Institute of Science" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2012. Besoek op 4 Februarie 2012.
  62. "Honorary Degrees" (PDF). Bucknell-universiteit. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op Augustus 2, 2012. Besoek op Februarie 5, 2012.
  63. "2010 honorary degree recipients announced". Lehigh-universiteit. 26 Maart 2010. Besoek op 3 Februarie 2012.
  64. "Holocaust survivor, human rights activist Wiesel to deliver Commencement address" (in Engels). Washington-universiteit in St. Louis. 5 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2016. Besoek op 5 Februarie 2012.
  65. "Nobel laureate Wiesel holds hope for future", The Post and Courier, 26 Sept. 2011
  66. "Professor Elie Wiesel awarded the University of Warsaw Honorary Doctorate" (in Engels). Universiteit van Warskou. 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2012. Besoek op 6 Julie 2012.
  67. "Nobel laureate Elie Wiesel receives UBC honorary degree". Universiteit van Brits-Columbië. 2012. Besoek op 10 September 2012.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]

Toesprake en onderhoude

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]