Sjabloon:Aktueel
Voorkoms
- Tydens die 46ste sessie in Delhi, Indië, lys die Unesco onder ander die Appiese Weg, die Lençóis Maranhenses Nasionale Park, die Marquesaseilande, Morawiese kerkstede en Schwerin as nuwe wêrelderfenisgebiede.
- Twee dae voor die amptelike openingseremonie van die Spele van die XXXIIIste Olimpiade in Parys, Frankryk, word die Olimpiese Winterspele van 2030 en 2034 tegelyk toegeken, eersgenoemde aan die Franse Alpe en laasgenoemde aan Salt Lake City, Verenigde State van Amerika.
- Spanje se sokkerspan wen die eindstryd van die 17de UEFA Europa-beker teen Engeland met 2–1. Beide Frankryk en Nederland haal die halfeindrondte.
- Tydens die Wimbledon-kampioenskap wen die Tsjeggiese tennisspeler Barbora Krejčíková haar tweede Grand Slam-toernooi, terwyl die Spaanse tennisspeler Carlos Alcaraz sy vierde toernooi ingepalm het.
- Nadat die Arbeidersparty die Konserwatiewe Party — wat sedert 2010 aan bewind was — in die algemene verkiesing verslaan, word Keir Starmer die nuwe Eerste minister van die Verenigde Koninkryk.