Swahili (volk)
Swahili | |
---|---|
Swahili-Zanzibar-handelaar Tippu Tip (1832–1905) | |
Totale bevolking: | 1 772 000 |
Belangrike bevolkings in: | Tanzanië (veral Zanzibar) Kenia |
Taal: | Swahili (Kiswahili) |
Geloofsoortuiging: | Islam (Soenni, Sjia, Soefisme) |
Verwante etniese groepe: | Ander Bantoevolke soos Mijikenda, Pokomo, Comore, Bajunis en Shirazi |
Die Swahili (Swahili: Waswahili) is 'n etniese en kulturele groep inheems aan Oos-Afrika. Hulle bly veral langs die Swahilikus, 'n gebied wat oor die Zanzibarargipel, die kuslyn van beide Kenia en Tanzanië, asook die noordelike Mosambiek streek. Die naam Swahili is afgelei van Arabies سواحل Sawāhil wat "kuste" beteken en na die geografiese verspreiding verwys. Die Swahili besig Swahili, wat tot die Bantoetale van die Niger-Kongo-tale behoort.
Wêreldwyd leef sowat 1 772 000 Swahili, waarvan die meeste langs die Swahilikus. Die term "Swahilikus" is as 't ware 'n pleonasme, omdat dit letterlik "kustekus" beteken. Daarbenewens het in onlangse jare Swahili-migrante hulle in lande soos Saoedi-Arabië en Oman gevestig.
Die hedendaagse Swahili besig Swahili (Kiswahili), wat tot die Bantoetak van die Niger-Kongo-taalfamilie behoort, as moedertaal. Dié taal bevat leenwoorde uit Arabies en Persies.[1] Naas die Swahilikus word Swahili nog in Burundi, die Comore-eilande, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Madagaskar, Malawi, Mayotte, Somalië, Rwanda, Uganda en Zambië deur ander etniese groepe gepraat.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Mohamed, Mohamed Abdulla (2001). Modern Swahili Grammar. East African Publishers. p. 12. ISBN 9966467610. Besoek op 12 Augustus 2019.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Swahili (volk).