Reaktansie
In die analise van wisselstroom elektriese stroombane (soos byvoorbeeld 'n RLC series stroombaan), is reaktansie die imaginêre deel van die impedansie, wat veroorsaak word deur die teenwoordigheid van 'n induktor of kapasitor in die stroombaan. Reaktansie veroorsaak 'n fase skuif tussen die elektriese stroom en spanning in die stroombaan. Reaktansie word deur die simbool X voorgestel en word in ohm gemeet.
- Wanneer X > 0, word die reaktansie induktiewe reaktansie genoem,
- Wanneer X = 0, is die stroombaan 'n suiwer weerstandskring, daar is dus geen reaktansie,
- Wanneer X < 0, word die reaktansie kapasitiewe reaktansie genoem.
Die verhouding tussen impedansie, weerstand, en reaktansie word deur die volgende verhouding gegee:
waar
- Z die impedansie in ohm is,
- R die weerstand in ohm is,
- X die reaktansie in ohm is, en
- j die imaginêre eenheid is.
Die grootheid van impedansie word bereken as:
In suiwer induktiewe en kapasitiewe stroombane, vereenvoudig die grootheid van die impedansie na die reaktansie.
Induktiewe reaktansie
[wysig | wysig bron]Induktiewe reaktansie (simbool: XL) word veroorsaak deur die elektromotoriese krag wat die stroom deur die geleier teenstaan. Die elektromotoriese krag word veroorsaak deur die magnetiese veld wat deur 'n wisselende stroom geïnduseer word. Die grote van die induktiewe reaktansie is direk eweredig aan die tempo van verandering (frekwensie) van die wisselende stroom. Die induktiewe reaktansie veroorsaak ook 'n fase skuif tussen die stroom en spanning in die stroombaan. Die stroom sal die spanning voorloop.
Induktiewe reaktansie word bereken deur
waar
- XL die inductive reactance in ohm is,
- die hoekfrekwensie in radiale per sekonde is,
- f die frekwensie in hertz is,
- L die induktansie in henry is.
Kapasietiewe reaktansie
[wysig | wysig bron]Kapasietiewe reaktansie (simbool: XC) word veroorsaak deur dat elektrone nie deur 'n kapasitor kan vloei nie, maar 'n wisselende stroom kan wel en hoe hoër die frekwensie hoe beter. Die kapasietiewe reaktansie veroorsaak ook 'n fase skuif tussen die stroom en spanning in die stroombaan. Die stroom sal die spanning naloop.
Induktiewe reaktansie word bereken deur
waar
- XC die kapasitiewe reaktansie in ohm is,
- die hoekfrekwensie in radiale per sekonde is,
- f die frekwensie in hertz is, en
- C die kapasitansie in farad is.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is uit die Engelse Wikipedia vertaal.