Gaan na inhoud

V-Model

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Diagram van die V-Model bestuursmetode

Die V-Model is 'n abstrakte, omvattende projekbestuurstruktuur vir die ontwikkeling van veral stelsels in inligtingstegnologie. Die naam word verleen aan die V-vormige daarstelling van die Projekelemente soos stelseldefinisie en toetsing wat rofweg afgebreek word volgens hul tydsposisie en besonderhede.

Die idee vir die V-vormige voorstelling is oorspronklik deur Barry Boehm geopper in 1979. Die eerste V-Model is in 1986 in Duitsland ontwikkel. Aanvanklik is die model hoofsaaklik gebruik vir die ontwikkeling van IT-projekte in die openbare sektor daar maar is later ook deur die privaatsektor in gebruik geneem. As 'n reël word 'n nuwe variant van die V-Model ontwikkel wanneer daar verbeterings geïdentifiseer word.

In teenstelling met klassieke Fasemodelle word daar in die V-Model slegs aktiwiteite en resultate gedefinieer sonder 'n streng chronologiese volgorde. In besonder het dit ook nie die tipiese aanvaarding wat gewoonlik 'n fase definieer nie. Verder is dit moontlik om die Aktiwiteite van die V-Model op 'n Watervalmodel of 'n Spiraalmodel af te beeld.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

In 1986 het die Duitse Federale Ministerie van Verdediging twee projekte van stapel gestuur wat uiteindelik gelei het tot die ontwikkeling van die model:

  • Sagteware-ontwikkelingsomgewing vir inligtingstelsels (SEU-IS) en
  • Sagteware ontwikkelingsomgewing vir wapens en wapengebruikstelsels (SEU-WS)

Die doelwitte van die projekte was om:

  • Die koste van die algehele sagteware ontwikkelings- en onderhoudsproses deursigtig te maak en sodoende te beperk.
  • Om gepaste stappe te doen om 'n minimum-standaard vir sagtewarekwaliteit te waarborg of om voortdurend daarop te verbeter.
  • Om die vergelykbaarheid van aanbiedinge deur derde partye te verseker en om groter onafhanklikheid van enkele verskaffers te verseker.
  • Die in huis ontwikkeling van sagteware te standaardiseer en deursigtiger te maak.

Die Grondbeginsels van die V-Model

[wysig | wysig bron]

Die V-Model vat 'n ry van soortgelyke aktiwiteite saam in 'n sogenaamde aksieblok. Van hierdie aksieblokke word in alle projekte aangewend en word daarom as die kern van die V-Model beskou. Hierdie blokke sluit die volgende in:

  1. Projekbestuur
  2. Kwaliteitsversekering
  3. Konfigurasiebestuur
  4. Probleem- en veranderingsbestuur

Die V-model definieer 'n reeks dokumente wat as produkte beskryf word. Hierdie produkte voeg enkele temas tesame. "Produkte" wat 'n sterk inhoudelike samehang het word dan saamgegroepeer in dieselfde produkgroepe. 'n Belangrike kenmerk van die V-model in teenstelling met die waterval-model is dat dit ewe veel klem lê op ontwikkeling en verifikasie. Die ontwerp van die sagteware insluitend die verifikasie word opgedeel in 'n aantal fases wat dan die vooraf gedefinieerde produkte oplewer. Die produkte van elke fase vorm die basis van die volgende fase en daar kan dus nie begin word met 'n nuwe fase alvorens die produkte van die vorige fase nie gelewer is nie. Die proses word vir elke fase herhaal en word daar elke keer 'n nuwe basis daargestel met die gevolg dat die vertroue in die stelsel met elke fase groei.