Gaan na inhoud

Moorreesburg: Verskil tussen weergawes

Koördinate: 33°09′S 18°40′O / 33.150°S 18.667°O / -33.150; 18.667
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Content deleted Content added
Lyn 74: Lyn 74:
Hierdie keer word daar spesifiek gelet op die gegewe data wat verlang word, naamlik: die bevolkingstal wat voordeel sal trek uit 'n biblioteek en die impak daarvan; presies wat die wetgewing van die Kaapkolonie behels; hoeveel die regering bereid is om by te dra; of daar grond beskikbaar is; en wie verantwoordelik gaan wees vir die instandhouding van die biblioteek.
Hierdie keer word daar spesifiek gelet op die gegewe data wat verlang word, naamlik: die bevolkingstal wat voordeel sal trek uit 'n biblioteek en die impak daarvan; presies wat die wetgewing van die Kaapkolonie behels; hoeveel die regering bereid is om by te dra; of daar grond beskikbaar is; en wie verantwoordelik gaan wees vir die instandhouding van die biblioteek.


Nou gaan dit ook nie meer gewoon net om arm plattelanders nie, nee, maar Suid-Afrikaners én Britte wat vir die Tiger Oats werk wat bevoordeel sal word. Die munisipaliteit en die staat sal gesamentlik £100 per jaar betaal vir die instandhouding. Die NG Kerk het grond gratis beskikbaar gestel: 100 x 100 voet. En die gewenste bedrag word uitdruklik op papier gestel vir die oprigting van 'n biblioteek: £1 500. Hierdie brief is op 10 Julie 1911 geskryf.
Nou gaan dit ook nie meer gewoon net om arm plattelanders nie, nee, maar Suid-Afrikaners én Britte wat vir ''Tiger Oats'' werk wat bevoordeel sal word. Die munisipaliteit en die staat sal gesamentlik £100 per jaar betaal vir die instandhouding. Die NG Kerk het grond gratis beskikbaar gestel: 100 x 100 voet. En die gewenste bedrag word uitdruklik op papier gestel vir die oprigting van 'n biblioteek: £1 500. Hierdie brief is op 10 Julie 1911 geskryf.


Verder het Maria D. Koch (die sekretaresse van die biblioteekkomitee) ook strategies die troefkaart gespeel: as die woord van 'n stadsklerk, die burgemeester, die dorpsraad en die predikant nie goed genoeg sou wees nie, beroep sy haar op die hoogste gesag, naamlik die Minister van Opvoeding, [[François Stephanus Malan]], om 'n goeie woordjie vir haar te doen. Dit doen hy ook.
Verder het Maria D. Koch (die sekretaresse van die biblioteekkomitee) ook strategies die troefkaart gespeel: as die woord van 'n stadsklerk, die burgemeester, die dorpsraad en die predikant nie goed genoeg sou wees nie, beroep sy haar op die hoogste gesag, naamlik die Minister van Opvoeding, [[François Stephanus Malan]], om 'n goeie woordjie vir haar te doen. Dit doen hy ook.

Wysiging soos op 19:24, 14 Julie 2024

Moorreesburg
Dorp
Treinstasie in Moorreesburg
Treinstasie in Moorreesburg
Moorreesburg is in Wes-Kaap
Moorreesburg
Moorreesburg
 Moorreesburg se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°09′S 18°40′O / 33.150°S 18.667°O / -33.150; 18.667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikWeskus
MunisipaliteitSwartland
Stigting1882
Oppervlak
 • Totaal27,8 km2 (10,7 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal12 877
 • Digtheid463/km2 (1 200/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense22.5%
 • Indiërs/Asiërs0.2%
 • Bruin mense70.1%
 • Swart mense6.7%
 • Ander0.4%
Taal (2011)
 • Afrikaans92.0%
 • Xhosa3.5%
 • Engels2.2%
 • Ander2.3%
Poskode (strate)
7310
Poskode (posbusse)
7310
Skakelkode022
Webwerfhttp://moorreesburg.net/
Die NG kerkgebou op Moorreesburg. Die dorp en gemeente is genoem na ds. J.C. le Febre Moorrees, jare lank leraar van die moedergemeente Swartland.
Die munisipale kantoor op Moorreesburg. Die dorp se munisipaliteit het in 2000 deel van die Swartland-munisipaliteit geword met sy hoofkantoor op Malmesbury.
Moorreesburg se vorige NG kerk is op 18 Desember 1895 ingewy maar later gesloop om plek te maak vir die huidige.

Moorreesburg is 'n dorp in die munisipaliteit Swartland, provinsie Wes-Kaap (Suid-Afrika). Dit is ongeveer halfpad tussen Piketberg en Malmesbury geleë. Die dorp is die ekonomiese sentrum van die omliggende landboustreek, waar veral koring en hawer verbou word. Moorreesburg beskik oor 'n aantal landboukundige geriewe soos koringmeule en graansilo's. Die plaaslike koringmuseum behandel die streek se hoofproduk.

Geskiedenis

Moorreesburg is in 1890 as 'n kerkgemeente op die plaas Hooikraal gestig en genoem na ds. J.C. le Febre Moorrees, die vader van prof. Adriaan Moorrees. In 1898 het dit 'n munisipaliteit geword. Met die nuwe munisipale herindeling van 2000 het dit deel van Swartland geword.

Wapens

Munisipaliteit (1) — Die munisipale raad het op 'n stadium 'n skynheraldiese "wapen" gebruik wat 'n anker, 'n ramskop, 'n keper en 'n graansilo uitbeeld.

Munisipaliteit (2) — Teen 1966, het die raad 'n heraldiese wapen in gebruik geneem: Deurgesny, 'n golwende dwarsbalk belaai met 'n staande merinoram vergesel in die skildhoof van twee Morekoppe en in die skildvoet van 'n koringgerf. Die helmteken was twee gekruiste visse en die wapenspreuk "Domine dirige nos".

Munisipaliteit (3) — 'n Nuwe wapen is in 1983 by die Buro vir Heraldiek geregistree : Verhoogd gekanteeld deursnede van rooi en goud, in die skildhoof 'n staande silwer merinoram, op 'n verhoogde gewelfde swart skildvoet, 'n goue koringgerf. Die helmteken was twee regopgeplaaste rooi visse met goue vinne. Die wapenspreuk het onveranderd gebly.[2]

Biblioteekdiens

'n Afvaardiging uit die publiek het op 4 April 1911 die Stadsraad genader, met die wens om jaarliks 'n bydrae te maak vir 'n biblioteek. Die raad was hiervoor te vinde, en 'n openbare vergadering van belangstellendes is belê. Die besluit is geneem om 'n biblioteek te stig, en die Carnegie-biblioteek het in dieselfde jaar nog tot stand gekom. Die dryfkrag agter die stigting was die "bekende, statige miss Koch, 'n oujongdame" van die plaas Biesiesfontein.[3] Of so lui J.J. Lochner se paragraaf in NG Moorreesburg se eeufeesboek. Die ware toedrag van sake is baie meer omvangryk as mens eers die briewe onder oë kry.

Op 19 April 1907 het die dorpsraad hul eerste aansoek gerig aan die Skots-Amerikaanse filantroop, Andrew Carnegie, en misluk. Reeds vir twee jaar lank (dus, vanaf 1905 of vroeër) is konserte in Moorreesburg en omstreke gehou om geld in te samel. Uit 'n arm gemeenskap kon slegs £30 pond bymekaar geskraap word. In hul pleidooi word ook uitgewei hoe die Moorreesburgers tot onlangs toe nog van die wêreld afgesny was, en maar die geringste opvoeding geniet het. Selfs al is die brandende begeerte van die platsak inwoners (te wete kleinboere, kramers en ambagsmanne) daar, kan mens mos nie bloed uit 'n klip tap nie. Dit sal 'n klein ewigheid duur voordat daardie biblioteekdroom eendag bewaarheid word.

Die eerste aansoek het moontlik misluk omrede die bedoelinge hopeloos te vaag omskryf was. Al het die poging misluk, bly hierdie korrespondensie by Carnegie geargiveer.

In Julie 1911 word 'n tweede poging aangewend. Die bewoording verander merkbaar.

Ná nog 4 jare se onverdrote ywer is daar in 1911 nou altesaam £73 ingesamel, en ook maar net omdat 'n parlementslid £25 tot die fonds bygedra het; dáársonder, het die £30 nie eens verdubbel nie. Die gemeenskap het eenvoudig nie die geld of die middele nie.

Hierdie keer word daar spesifiek gelet op die gegewe data wat verlang word, naamlik: die bevolkingstal wat voordeel sal trek uit 'n biblioteek en die impak daarvan; presies wat die wetgewing van die Kaapkolonie behels; hoeveel die regering bereid is om by te dra; of daar grond beskikbaar is; en wie verantwoordelik gaan wees vir die instandhouding van die biblioteek.

Nou gaan dit ook nie meer gewoon net om arm plattelanders nie, nee, maar Suid-Afrikaners én Britte wat vir Tiger Oats werk wat bevoordeel sal word. Die munisipaliteit en die staat sal gesamentlik £100 per jaar betaal vir die instandhouding. Die NG Kerk het grond gratis beskikbaar gestel: 100 x 100 voet. En die gewenste bedrag word uitdruklik op papier gestel vir die oprigting van 'n biblioteek: £1 500. Hierdie brief is op 10 Julie 1911 geskryf.

Verder het Maria D. Koch (die sekretaresse van die biblioteekkomitee) ook strategies die troefkaart gespeel: as die woord van 'n stadsklerk, die burgemeester, die dorpsraad en die predikant nie goed genoeg sou wees nie, beroep sy haar op die hoogste gesag, naamlik die Minister van Opvoeding, François Stephanus Malan, om 'n goeie woordjie vir haar te doen. Dit doen hy ook.

Dit het die gewenste uitwerking. In 'n brief, gedagteken 21 Augustus 1911, word die aansoek toegestaan. J.P. du Toit, die voorsitter van die biblioteekkomitee, word deur hierdie brief daarvan in kennis gestel. £1 500 word bewillig slegs vir die oprigting van die gebou. Die voorgestelde planne kan maar gestuur word.

Daar was twee voorgestelde planne: een wat slegs die boukoste sal dek (£1 500), die ander bouplan 'n bietjie goedkoper, om £300 aan boeke te bestee. Dit word so beskryf in die brief van 19 September 1911.

Koch skryf op 22 September 1911 ook haar eie persoonlike brief aan Carnegie, waarin sy hom bedank, en doen ook 'n ontboeseming wat die biblioteek vir haar as mens beteken. Interessant genoeg word in hierdie brief gesê die komitee het al twee keer vantevore probeer ("and now when for the third time we've appealed to you for help").

Die bouplanne word uiteindelik in Oktober versend, soos 'n brief gedateer 23 Oktober 1911 dit stel.

Op 20 November 1911 kom die brief vanaf Canergie se kantoor terug: daar is hopeloos te veel ingeboude afskortings by die planne ingeteken wat die koste omhoog jaag. 'n Paar boekrakke kan ewe gemaklik en goedkoper 'n paar privaathoekies inrig. Een groot vertrek sonder enige afskortings is daarom veel beter gepas. Ook skort daar papierwerk rakende die aankope van die erf en of die munisipaliteit hom sal onderneem om die biblioteek te onderhou.

Presies twee maande verloop, voordat Koch die volgende brief op 20 Januarie 1912 skryf. Die planne is ondertussen hersien en word nou versend. Sy laat egter ook nie na om te noem dat die nodige dokumente al die vorige jaar die 10de Julie ingedien is nie. Nietemin stuur sy die nodige brief saam.

Op 20 Februarie 1912 is die planne goedgekeur en die biblioteekkomitee word gevra om Home Trust Co. in Hoboken, New Jersey te kontak. Carnegie gee Home Trust Co. op 5 Maart 1912 die opdrag om die geldsake te bestuur.

Byna 'n anderhalfjaar gaan verby. Maar uiteindelik word daardie briefie tog op 'n wintersdag op 24 Julie 1913 geskryf: die Carnegie-biblioteek is op Vrydag, 20 Junie 1913 op Moorreesburg geopen, en deur niemand anders nie, as die Minister van Opvoeding, F.S. Malan, self. 'n Noenmaal is gehou en al die hoëlui van die streek was teenwoordig. Koch het wel nog net een laaste klein versoekie: 'n foto van Carnegie om in die biblioteek op te hang.

In die Staatskoerant van 17 Augustus 1984 word die Ou Carnegie/Biblioteekgebou tot Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar. Die proklamasie lui so (in die Afrikaanse kolom, tikfoute ingesluit):[4]

WET OP OORLOGSGRAFTE EN NASIONALE GEDENKWAARDIGHEDE, No. 28 VAN 1969

VERKLARING VAN DIE EIENDOM MET INBEGRIP VAN DIE OU CARNEGIE/BIBLIOTEEKGEBOU DAAROP, GELEË IN KERKSTRAAT, MOORREESBURG.

Kragtens die bevoegdheid my verleen by artikel 10 (1) van die Wet op Oorlogsgrafte en Nasionale Gedenkwaardighede, 1969 (Wet 28 van 1969), verklaar ek, Gerrit van Niekerk Viljoen, Minister van Nasionale Opvoeding, hierby die eiendom, met inbegrip van die ou Carnegie-biblioteek daarop, geleë in Kerkstraat, Morreesburg, tot nasionale gedenkwaardigheid.

Beskrywing

Die eiendom met inbegrip van die ou Carnegie-biblioteekgebou daarop, geleë op sekere stuk grond te Moorreesburg, afdeling Malmesburg, synde Perseel C.L. (nou bekend as Erf 123, Moorreesburg), en groot nege-en-sestig (69) vierkante roede en sestig (60) vierkante voet.

Transportakte 7228/1913, gedateer 27 Augustus 1913.

Historiese en argitektoniese belang

Hierdie indrukwekkende gebou, ontwerp deur die argitek N.T. Cowin, is in 1913 opgerig op grond geskenk deur die Nederduits Gereformeerde Kerk, Moorreesburg. Die boukoste wat £1 500 beloop het, is deur Andrew Carnegie van Skotland bewillig en nadat die gebou voltooi is is dit na hom vernoem.

Die totstandkoming van die Carnegie-biblioteek is te danke aan die ywer en deursettingsvermoë van mej. M. D. Koch van die plaas Biesjesfontein, wat dié projek van stapel gestuur het. 10/2/1116.

G. VAN N. VILJOEN, Minister van Nasionale Opvoeding.

Op die tweetalige kennisgewing verskyn die volgende (en veel bondiger) Afrikaanse bewoording:

Hierdie gebou, ontwerp deur die argitek N.T. Cowin, is in
1913 opgerig op grond geskenk deur die Ned. Geref. Kerk.
Die boukoste wat £1 500 beloop het, is deur Andrew
Carnegie van Skotland bewillig. Die projek is deur
Mej. M.D. Koch van die plaas Biesjesfontein, Moorreesburg,
van stapel gestuur.

Geproklameer 1984

In 2002 word bekend gemaak die Provinsiale Wes-Kaapse Biblioteekdiens het 'n subsidie van R2 100 000 toegestaan vir die bou en oprigting van 'n nuwe openbare biblioteek op Moorreesburg. Die nuwe biblioteek vervang sodoende die Carnegie-biblioteek, asook die biblioteek te Rosenhof.[5]

Die nuutgeboude Moorreesburg Openbare Biblioteek is in Maart 2004 geopen.[6] In die November/Desember 2004-uitgawe van die Kaapse Bibliotekaris word die nuwe biblioteek baie kortliks opgesom. Wat hier opval is die "pragtige donkerhout afwerkings met 'n besondere interessante toonbank", maar ook: "die hoë plafon dra by tot die besondere atmosfeer". Daar staan ook kindermeubels in vrolike kleure in die kinderafdeling wat met die donker hout van die boekrakke kontrasteer en by die volwasse kant nooi 'n ruim leesarea die gebruikers om in die biblioteek te vertoef. Verder word nog 'n bietjie detail verskaf: Die amptelike opening was op 30 Maart 2004. Die boekvoorraad staan op 21 000. Die biblioteek beskik oor 'n "stewige" ledetal van 3 042 mense. Die jaarlikse sirkulasie is 85 901 keer wat boeke uitgeneem of hernieu is. Die totale oppervlak van die biblioteek beslaan 643 m². Daar is 5 personeellede werksaam. En die argitekte van die gebou was Winston Lederie en Corrie de Swardt.[7]

Die Koringbedryfmuseum

Die Koringbedryfmuseum is in Piketbergweg geleë,[8][9] die amptelike adres is Hoofstraat 134.[10]

Hier word trekkers, ploeë, êe, saai-, sny- en dorsmasjiene, asook ander landbouimplemente en -metodes deur die eeue heen uitgestal. Hieronder tel tewens handskuurstene, meulstene, perdemeule, tot sover terug as die primitiewe skuurklippe. Buitekant word ook 'n bakoond aangetref.[lower-alpha 1]

J. Fick van Caledon het in die 1957-1958-seisoen lid van die Koringraad geword en hom vir 'n koringmuseum beywer, maar daarvan het dadels gekom.[11]

Sowat 'n dekade later, omstreeks 1967,[12] skiet 'n soortgelyke gedagte by die Weskus-Ontwikkelingsvereniging wortel. Dit is nie genotuleer wie presies die vader van die gedagte was nie,[13] maar algou word die "aanvoerder" of "stukrag" van die koringbedryfmuseum P.S. Marais, Lid van die Volksraad (LV) van Moorreesburg.[11][13] Die bestuursvergadering van die Weskus-Ontwikkelingsvereniging het op 8 November 1967 plaasgevind, en daar is op Moorreesburg besluit, omrede die dorp in die hartjie van die koringstreek geleë is.[12] By hierdie vergadering is die museumbestuur gekies. Die voorsitter, Jan Kotzé (van Boesakskraal, Vredenburg), rig 'n brief op 12 Februarie 1968 aan die Stadsraad van Moorreesburg om te verneem of daar 'n geskikte terrein en/of gebou sal wees vir die museum.[13]

Wat nou volg, is twee uiteenlopende datums wat glad nie strook nie.

Richter en die toerismewebwerf van 2017 voer aan die aankoop van die ou NG Sendingkerk (erf nr. 589) het op 3 Mei 1968 geskied.[11][12]

Lochner verskaf 'n ander datum, om enkele redes. Op 30 Mei 1968 ontmoet dr. J. Op'thof, sekretaris van kultuursake, en bovermelde P.S. Marais, en daar word toe eers besluit op die ou NG Sendingkerk wat as museum ingerig moet word. Die Stadsraad het op aanbeveling van die Departement van Gemeenskapsbou die Sendingkerk van die Sendingkerkraad teen R2 000 gekoop, en dié koop is deur die betrokke departement op 24 Oktober 1968 bekragtig.[13]

Die voorsitter van die eerste vergadering van die Museumkomitee (op 4 November 1968), P.S.M. Hanekom, het onder meer die inisiatief geneem om die oudhede in te samel.[13]

In die Staatskoerant van 2 Oktober[13] 1970[12][11][13][8] word die museum, deur die administrateur F.D. Conradie[13] , geproklameer tot volwaardige provinsiale museum.[11][13][8] Amptelik is die Koringbedryfmuseum egter Proklamasie 294 van 22 September 1970.[14][15]

Omrede die grond rondom die museum te klein was vir die ontwikkeling, het die NG Moedergemeente Moorreesburg se Kerkraad die hele terrein rondom die museum ook geskenk.[13]

Die eerste kurator, R.S. Baard, is op 1 April 1972 aangestel.[13]

Die gebou is ook in 1972 teen 'n bedrag van R4 495 gerestoureer en omhein.[12][13]

Op die groot oesfees, gehou tydens die naweek 13-15 Oktober 1972, is naburige dorpe ook betrek. Uitstallings is gehou van oudhede, maar ook 'n optog van sierwaens en ander voorstellings is aangebied. Die Saterdag, 14 Oktober, het die administrateur, A.H. Vosloo, sy rol as feesredenaar beklee. Die Sondag, 15 Oktober, is die verrigtinge afgesluit met 'n kerkdiens wat deur moderator J.D. Vorster gelei is.[13]

Dit sou egter nog 6 jaar duur voordat die museum kon open.

In 1974 het die hooftegnikus van museumdienste, J.R. Laenen, 'n aanvang geneem om die uitstallings te beplan, en hiervoor het hy die hulp van Gawie Fagan, die argitek, in 1975 benodig. Die skaalmodel wat voorgestel is, was nog teen 1979 presies waar dit was, grootliks te wyte aan die gebrek aan fondse. Daarom was die uitstallings nog beknop; die groot werktuie moes vir eers elders bewaar word. Spesiale melding word ook gemaak van S.P. (Faan) du Toit wat die restourasie van die oudhede gedoen het.[13]

Uiteindelik is die museum op Vrydag, 10 Februarie 1978[8][12][16] amptelik geopen deur O.A. Saaiman, Lid van die Uitvoerende Komitee (LUK),[13][12] in medewerking van dr. Hey en E. Hayden.[13]

Die hooftema van die die museum is: 'Om die koringbedryf in al sy variante vorme van die koms van Jan van Riebeeck uit te beeld'.[8][12]

Die leuse van die museum lui by die opening: "Ons erfenis is vir ons mooi."[11]

Volgens Richter het Sasko R45 000 vir die oprigting van 'n koringmuseum op Moorreesburg bewillig;[11] 'n byskrif in Die Burger van 1 September 1993, op bl. 7, sê spesifiek: Die Koringbedryfmuseum het onlangs 'n stewige hupstoot gekry toe SASKO in die Paarl R50 000 aan die museum geskenk het[17]

Hoe uniek die museum is, bly 'n twispuntjie. Blykbaar is die Koringbedryfmuseum maar een van twee ter wêreld;[12][18] die ander een is die Hepburn Museum of Wheat in Saskatchewan, Kanada.[8] Nog vóór die millenniumwending is aangevoer dit was een van drie ter wêreld.[19][20][21] Hierdie getal (drie) word sonder veel uitbreiding net so herhaal op die toerismewebwerf van 2009[16], in 'n museumbrosjure van 2009[22], op die toerismewebwerf van 2023[23], en sowaar ook in die Amptelike Jaarboek 2022/2023.[24] Daar was in 2016 sprake van 'n Chinese Koringmuseum (小麦博物馆) wat in Jiaozuo, Henan, China geopen is;[25] hy is in 2024 wel nog in volle bedryf.[26]


Notas

  1. Vergelyk al die onderskrifte van die beelde wat in Richter, G. 2010. Geskiedenis van die Koringbedryf vanaf Tafelvallei tot die Rooi-Karoo (1652-2009) voorkom. Daarin word telkemale erkenning gegee aan die Koringbedryfmuseum.

Bekende boorlinge

Sien ook

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Moorreesburg en Rosenhof tydens die 2011-sensus.
  2. National Archives of South Africa: Data of the Bureau of Heraldry.
  3. Lochner, J.J. 1979. Die ontwikkeling van die dorp. In: Moorreesburg: 3-12-1879 tot 3-12-1979. Moorreesburg: Nederduits Gereformeerde Kerk, bl. 71
  4. Kennisgewing No. 1790 van 17 Augustus 1984 (Staatskoerant uitgawe 9384), digitaal verkry vanaf https://sahris.sahra.org.za/node/30620
  5. Jaarverslag van die Provinsiale Wes-Kaapse Biblioteekdiens, 2002/2003. Onder: Streekorganisasie, Nuwe fasiliteite en opgraderings, Boland. bl. 3
  6. Jaarverslag van die Provinsiale Wes-Kaapse Biblioteekdiens, 2003/2004. Onder: Streekorganisasie, Nuwe fasiliteite en opgraderings, Boland. bl. 11
  7. . De Villiers, J. 2004. Moorreesburg/Hermanus: van golwende koringlande tot deinende branders... Kaapse Bibliotekaris, November/Desember, 48(6):38-39.
  8. 8,0 8,1 8,2 8,3 8,4 8,5 Swartland Joernaal. 2021. Moorreesburg: Die kosmandjie van die Swartland. 30 Junie.
  9. Kaart van Moorreesburg en Koringberg, soos uitgereik deur die Moorreesburg & Koringberg Toerismeburo (2024)
  10. Brosjure. 2017 (?) Museumroete: Kaapse Wynland en Weskus
  11. 11,0 11,1 11,2 11,3 11,4 11,5 11,6 Richter, G. 2010. Geskiedenis van die Koringbedryf vanaf Tafelvallei tot die Rooi-Karoo (1652-2009) Stellenbosch: African Sun Media, p. 78
  12. 12,0 12,1 12,2 12,3 12,4 12,5 12,6 12,7 12,8 Moorreesburgtourism.co.za (3 Desember 2017 argiefweergawe)
  13. 13,00 13,01 13,02 13,03 13,04 13,05 13,06 13,07 13,08 13,09 13,10 13,11 13,12 13,13 13,14 13,15 Lochner, J.J. 1979. Die Koringbedryfmuseum. In: Moorreesburg: 3-12-1879 tot 3-12-1979. Moorreesburg: Nederduits Gereformeerde Kerk, bl. 80
  14. Towards a new provincial museum policy for the Western Cape Province, March 2011, pp. 79-80
  15. Du Preez, H.M.J. 1982. Museums van Kaapland. Kaapstad: Departement van Natuur- en Omgewingsbewaring, p. 84
  16. 16,0 16,1 Moorreesburg.com 2009: Wheat industry museum. (webwerf wat uit die dode opgediep is)
  17. WAT: s.v. "SASKO", sien voorbeeldsin.
  18. Oom Smitty. 2018. Lesersbrief aan Netwerk24: Die waarde van die Koringbedryfmuseum. 17 Julie.
  19. Truter, C. 1998. Weskus: toeristegids. Kaapstad: Universiteit van Kaapstad Pers, 61-62: Die Koringbedryfmuseum op Moorreesburg, een van slegs drie ter wêreld, lê in die hartjie van die Swartland en beeld die geskiedenis van koringverbouing in Suid-Afrika uit. Die geskiedenis van koringboerdery word treffend uitgebeeld deur uitstallings van implemente wat dateer uit die vorige eeu toe die produksie en maal van koring en bakbedryf self nog arbeidsintensief was. Die museum is in 1978 geopen met die leuse "Ons erfenis is vir ons mooi" en met 'n koringaar as embleem. Die museum se hoofgebou was voorheen 'n NG Sendingkerk wat met verloop van tyd aansienlik vergroot is. Daar is tans 'n netjiese ontvangslokaal waar kleiner gesellighede gehou kan word.
  20. South African Year Book 2001/2002
  21. Erasmus, B.P.J. 1995. Moorreesburg. In: On route in South Africa. Jeppestown: Jonathan Ball Publishers, p. 42: The Wheat Industry Museum, one of only three in the world, tells the story of wheat farming in South Africa. The main building was once the Dutch Reformed mission church.
  22. Museums of the Western Cape. Building understanding and pride in our diverse heritage. (2009)
  23. Moorreesburgtourism.co.za 2023. Wheat Industry Museum
  24. Tourism. In: Yearbook 2022/2023, p.9
  25. China Daily. 2016. First wheat museum opens in Henan province.
  26. Baidu. 2024. 「新时代中部崛起看河南」走进温县小麦博物馆 探秘“温麦”良种的“前世今生. 9 Julie.

Eksterne skakels