Gaan na inhoud

CSS

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur SpesBona (besprekings | bydraes) op 18:15, 29 Mei 2022 (Wysigings deur 91.186.251.179 teruggerol na laaste weergawe deur Quinlan83)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
CSS-logo

CSS (Engelse afkorting vir Cascading Style Sheets) is 'n maklike manier om die voorkoms van HTML- en XHTML-webblaaie te verander. CSS is deur die W3C ontwerp, en word deur die meeste moderne webblaaiers ondersteun. Die huidige weergawe van CSS is CSS2. Daar word tans aan CSS weergawe 3 gewerk. Dit sal nuwe eienskappe soos border-radius insluit.

Een van die voordele van CSS is dat webblaaie vertoon en verstaan kan word, selfs al is die CSS-kode stukkend of nie meer beskikbaar nie.

CSS-kode word gewoonlik in lêers met 'n .css uitbreiding gestoor.

Voorbeeld[wysig | wysig bron]

Om al die paragrawe op 'n bladsy blou en 20% groter as normale teks te maak, kan die volgende CSS-kode toegepas word:

p {
  color: blue;
  font-size: 120%;
}

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]