Elio Di Rupo
Elio Di Rupo | |
Elio Di Rupo in 2014 | |
Eerste minister van Wallonië
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 13 September 2019 | |
Monarg | Filip |
---|---|
Voorafgegaan deur | Willy Borsus |
Ampstermyn 6 Oktober 2005 – 20 Julie 2007 | |
Voorafgegaan deur | André Antoine |
Opgevolg deur | Rudy Demotte |
Ampstermyn 15 Julie 1999 – 4 April 2000 | |
Voorafgegaan deur | Robert Collignon |
Opgevolg deur | Jean-Claude Van Cauwenberghe |
Eerste minister van België
| |
Ampstermyn 6 Desember 2011 – 11 Oktober 2014 | |
Monarg | Albert II Filip |
Voorafgegaan deur | Yves Leterme |
Opgevolg deur | Charles Michel |
Burgemeester van Mons
| |
Ampstermyn 8 Oktober 2000 – 3 Desember 2018 | |
Voorafgegaan deur | Maurice Lafosse |
Opgevolg deur | Nicolas Martin |
Leier van die Parti Socialiste
| |
Ampstermyn 16 September 1999 – 6 Desember 2011 | |
Voorafgegaan deur | Philippe Busquin |
Opgevolg deur | Thierry Giet |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 22 Julie 2014 | |
Voorafgegaan deur | Paul Magnette |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 18 Julie 1951 Morlanwelz, België |
Politieke party | Parti Socialiste |
Alma mater | Universiteit van Mons-Hainaut Universiteit van Leeds |
Religie | Geen (Ateïsme) |
Handtekening |
Elio Di Rupo (gebore 18 Julie 1951 in Morlanwelz, Hainaut) is 'n Belgiese skeikundige en politikus van die Parti Socialiste (PS).
Sedert 13 September 2019 beklee hy vir die derde maal die amp van eerste minister van die Waalse Gewes.[1]
Vanaf 6 Desember 2011 tot 11 Oktober 2014 het hy die amp van eerste minister van België beklee en is opgevolg deur Charles Michel.
Di Rupo is die seun van Italiaanse immigrante en was baie jare lank afgevaardigde in die Belgiese parlement as ook 'n lid van die Europese Parlement gewees. Hy het as minister in die federale regering gedien. Van 1999 tot 2011 en sedert 2014 fungeer Di Rupo as voorsitter van die PS. Van 2000 tot 2018 was hy ook burgemeester van Mons gewees.
Elio Di Rupo, wat in België vir sy vlinderdas bekend staan, dra die eretitel 'staatsminister'.
Opleiding
[wysig | wysig bron]Di Rupo is een van sewe kinders van 'n Italiaanse gasarbeidergesin wat hulle in 1947 in België gevestig het. Sy pa is in Julie 1952 in 'n padongeluk oorlede sodat die kinders deur hul ma in moeilike omstandighede grootgemaak moes word. Vir Elio was dit al vroeg duidelik dat hy sy toekoms slegs deur 'n goeie opleiding sou kon verseker.
Di Rupo het 'n akademiese opleiding as skeikundige ontvang en 'n doktorsgraad aan die Université de Mons-Hainaut verwerf. Hier het Di Rupo ook 'n politieke bewussyn begin ontwikkel en by die Sosialistiese Party aangesluit waar hy erkenning vir sy humanistiese ideale van sosiale geregtigheid en vryheid van die indiwidu geniet.
Op 13 Februarie 1983 het Di Rupo die internasionale filmfees Festival international du film d'amour in die lewe geroep.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Die Di Rupo III-kabinet bestaan uit die sosialistiese PS, die regsliberale MR en die groene Ecolo.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Elio Di Rupo.
- Inligting op die webtuiste van die PS Geargiveer 19 September 2011 op Wayback Machine
- 'n Onderhoud met Elio die Rupo