Simoesjir
Voorkoms
Simoesjir | |
---|---|
Eiland van die Koerile | |
'n Nasa-foto van Simoesjir.
| |
Ligging | See van Ochotsk |
Plaaslike naam | Симушир シムシㇼ 新知島 |
Argipel | Koerile |
Hoogste punt | 1 540 m |
Land | Rusland |
Deelgebied | Sachalin-oblast |
Bevolking | 0 |
Simoesjir (Russies: Симуши́р; Japannees: 新知島, Shimushiru-tō; Ainoe: シムシㇼ, Si=moe=sir, "Groot Eiland"), is 'n onbewoonde vulkaniese eiland naby die middel van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Dit was voorheen as Marikan bekend.[1]
Tussen 1987 en 1994, in die tyd van die Sowjetunie, is Broutonbaai deur die Sowjetvloot gebruik as 'n geheime duikbootbasis. Dit het toe 'n bevolking van sowat 3 000 gehad. Die oorblyfsels van die basis kan duidelik op satellietfoto's gesien word.[2]
Vandag is die eiland onbewoon. Dit is saam met die ander eilande van die Koerile deel van die Russiese Federasie se Sachalin-oblast.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Active, of New Bedford, 23 Mei 1854, Nicholson Whaling Collection #11.
- ↑ Ryan (15 Maart 2015). "Take a Look Inside These Abandoned Submarines & Bases". History in Orbit website. pp. 18–20. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2021. Besoek op 6 Julie 2018.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Simoesjir.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.